Kom stap saam met my – Linda Kriel – die asemrowende Wildekus in die Oos Kaap, een van die mooiste dele in Suid Afrika. ‘n Lekker aktiewe 4 dae van baie stap, heerlike kos, klein bietjie oefen (die wat wil) en baie lag. Smiddae ontspan ons en geniet die Wildkus-gasvryheid by 4 verskillende kus-hotelle.
BLACK FRIDAY AFSLAG: bespreek voor 1 Desember 2024 en kry R1500 AFSLAG!!!
Rol af om pryse te sien.
”Die Wild Coast stap was magical, die roetes was prentjie-mooi, die ondervinding was goed vir die siel. Sien uit na die volgende stap!” – Mandie
Datum: 5 – 9 Mei 2025
Groep: slegs plek vir 16. My stappe is baie gewild en word gewoonlik vinnig volbespreek. Moet dus nie uitmis nie. Bespeek vandag!
Fiksheidsvlak: Jy moet vir ‘n minimum van 3 ure (tussen 12 tot 17 km) per dag kan stap.
Hotelle: Ons slaap elke aand in ‘n ander kusdorp-hotel. Moenie bekommerd wees nie, ons bagasie word daagliks vervoer en ons stap net met ‘n klein rugsakkie.
R16 390 per persoon wat ‘n kamer deel. (BLACK FRIDAY AFSLAG – R1500 = R14 890)
R1800 ekstra as jy ‘n enkelkamer wil bespreek.
Deposito: 50% deposito betaalbaar onmiddelik, om jou bespreking te verseker.
Balans: betaalbaar 8 weke voor die aanvang van die stap.
Afbetaling: jy is welkom om die balans af te betaal, solank die volle bedrag 8 weke voor die aanvang van die stap betaal is. Reël met ons kantoor as jy maandeliks wil betaal.
Vervoer vanaf Oos London lughawe na die eerste hotel en weer terug vanaf ons laaste hotel na die lughawe.
Daaglikse bagasie vervoer.
Veerboot (ferry) en gidsfooie.
Daaglikse strek en opknappings-oefeninge vir probleemareas (opsioneel) met Linda Kriel.
Dr Adriaan is byderhand om klein mediese probleme aan te spreek. Hy stap elke dag saam met ons.
Motivering, dieet- en oefening wenke van Linda.
Goody bag.
Nie ingesluit nie:
Alle vlugte.
Middagetes. Ons eet so baie tydens ontbyt en aandetes, maar middagetes is ook beskikbaar by die hotelle vir jou eie rekening.
Alle ander alkoholiese en nie-alkoholiese drankies.
Resensies van vorige stappe saam met Linda
“Baie dankie vir ‘n heerlike week op die Wild Coast! Die blyplek en etes was uit die boonste rakke. Ek sal nooit die ervaring vergeet nie, het verseker memories gemaak en nuwe vriendskappe gesmee.” – Wilma
“Thanks for organising this Wild Coast adventure – a spectacular coastline new to me. We loved swimming in the sea, walking barefoot, crossing the river, and the beautiful views.” – Nicky
“Kyk hierdie was nou ‘n belewenis en ‘n half!! Ek moes lankal saam kom stap het. Dit was so mooi en ek het meer geëet in die 3 dae as die laaste maand. (gelukkig het ons baie gestap). Baie dankie dat julle dit so amazing en lekker vir ons gemaak het. Ek sien uit na die volgende stap.” – Nicolene
” Thank you for the most lovely trip. I have never seen South Africa in such a beautiful light and you have made me appreciate God even more after what I’ve seen on this trip. I appreciate all your efforts.” – Jasmin
Wow!!! Dit was nou absoluut ‘n wonderlike belewenis! Linda en Adriaan, vreeslik dankie vir hierdie wonderlike stap, ek het nou wragtig my gate uit geniet. Ek en my tjomme kom verseker weer op ‘n stap saam julle.” – Sam
“Dis iets wat ek nog altyd saam jou wou doen en wat ‘n belewenis! Ek sal dit oor en oor weer wil doen. Dankie vir die voorbeeld wat jy vir ons is wat oefeninge en reg eet betref, maar die belangrikste om gesond te wees. Sien uit na die volgende een.” – Anneke
“Dankie vir jou voorbeeld om met liefde, mooi geaardheid ons te motiveer om ons liggame mooi op te pas. Ek gaan huistoe met ‘n vernuwe gemoed.” – Anna-Marie
Trip Itinerary (subject to change)
Day 1: East London Airport transfer at ±14:00 by shuttle for an estimated 2 hour drive to Seagulls Hotel. Check-in and leisure time or activity (depending on time of arrival).
Day 2: Breakfast. Stretching and toning. Depart Seagulls Hotel for a ±14 km hike to Morgan Bay. This walk will finish before lunchtime. Check-in and have an afternoon of leisure or activity (depending on time of arrival).
Day 3: Breakfast. Stretching and toning. Depart Morgan Bay for a ± 14 km hike to Haga Haga. The 1st 5 km’s is walked along towering granite cliffs where some of the most fantastic views up and down the coast are enjoyed. This walk will finish before lunchtime. Check in at Haga Haga Hotel for the evening.
Day 4: Breakfast. Stretching and toning. Depart for a ± 16.5km hike to Chintsa East. After leaving Haga Haga there are some rocky sections to a small beach called Pullens Bay. Some 6km along a wavecut platform with wonderful gullies you will reach the beach again at Cape Henderson, passing 3 river estuaries. Your destination on this day is Crawfords Cabins, a private resort in amongst the dunes forest looking out at the Chintsa East Beach.
Day 5: Breakfast. We say goodbye after the transfer to East London Airport. We will be at the airport at ± 12:00
2025 Stappe Met Linda Kriel
Kruger Walking SafariWild Coast – 4 Day WalkCape Town – 4 Day WalkItalian Lakes – 6 Day Walk
“BLACK November” AFSLAG!! Bespreek voor 1 Desember en kry R1500 AF!!!
Kom stap, eet en kuier saam met my – Linda Kriel – in die mooiste Kaap en skep herhinneringe vir ‘n leeftyd!
Elke dag verken ons asemrowende roetes: langs die see, in die woud en die “bucket-list” ervaring natuurlik – ‘n stap op met Tafelberg! Ons dra nie swaar nie, maar stap met net ‘n rugsakkie, want ons slaap in ‘n 4-ster hotel en word na ons staproetes vervoer.
Na elke dag se stap word jy bederf met die beste kos wat Kaapstad bied. Jy het ook die geleentheid om elke dag voor of tydens die stap saam met my strek- en opknappings-oefeninge doen. (opsioneel).
Rol af om Kostes te sien en Hoe Om Te Bespreek.
Wat Om Te Verwag
Hier is ‘n voorsmakie. Neem kennis: op die video is net ‘n groep dames, maar die stap is oop vir die manne ook, so bring gerus vir manlief saam! Maak seker om tot die einde van die 13 min video te kyk 😁
“Wow! Die kuier, kos, stap, oefeninge en atmosfeer het al ons verwagtinge oortref! Die hele ervaring was amazing. Dankie vir al jul gasvryheid, liefde, passie en moeite in alles. Ons sien jou verseker weer volgende jaar.” – Adelle en Lize
Groep: slegs plek vir 16. My stappe is baie gewild en word gewoonlik vinnig volbespreek. Moet dus nie uitmis nie. Bespreek vadag!
Fiksheidsvlak: Om deel te neem, moet jy die vermoë hê om vir ‘n minimum van 3 ure per dag aanhoudend, vir agtereenvolgende dae te stap. Om vir hierdie stap voor te berei moet jy dus ook op- en afdraendes kan stap.
Hotel: Protea Hotel Seepunt
Kostes:
R16 390 per persoon wat ‘n kamer deel. “Black November” AFSLAG van R1 500 ! = R14 890. Geldig tot 1Desember
R18 740 as jy in ‘n enkelkamer wil bly. “Black November” AFSLAG van R1 500 ! = R17 240. Geldig tot 1Desember
Deposito: 50% deposito betaalbaar onmiddelik, om jou bespreking te verseker.
Balans: betaalbaar 8 weke voor die aanvang van die stap. Jy is welkom om die balans af te betaal, solank die volle bedrag 8 weke voor die aanvang van die stap betaal is. Reël met ons kantoor as jy maandeliks wil betaal.
‘n Glas wyn, bier of koeldrank saam met middag- en aandetes.
Vervoer na die staproetes en terug.
Kablekar kaartjies en permitte vir stappe.
Daaglikse strek en opknappings-oefeninge vir probleemareas (opsioneel) met Linda Kriel.
Dr Adriaan is byderhand om klein mediese probleme aan te spreek. Hy stap elke dag saam met ons.
Motivering, dieet- en oefening wenke van Linda.
Goody bag.
Nie ingesluit nie:
Vlugte.
Vervoer van en na die lughawe.
Twee van die 4 aandetes is vir jou eie rekening.
Resensies van vorige stappe saam met Linda
” Wow dit was ‘n ongelooflike ervaring. Verseker baie geleer en die samesyn met almal was great. Die kos en alles was uit die boonste rakke. Nooit gedink ek sou Tafelberg kon uitklim nie, but I did it! Verseker volgende jaar weer terug.” – Jacks
” Al wat ek kan sê is wow, wow, wow! Dit was fantasties. Soms moeilik, maar ek kon aan myself bewys wat ek kan bereik. Sien julle definitief weer!” – Shalane
” Baie dankie vir ‘n ongelooflike 5 dae saam met jou. Alles was ‘n hoogtepunt!. Dankie vir al jou raad, vriendelikheid en kuier saam met ons. Ek is verseker terug om alles weer saam met jou te beleef.” – Ilze
” Dit was ‘n ongelooflike ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie. Baie dankie vir ‘n absolute wonderlike staptoer!” – Fronika
” Dit was awesome. Die beste trip waarop ek nog ooit was!” – Nicolette
” Hierdie was my tweede stap en dit was weereens besonders, spesiaal, heerlik en lekker. Wat ‘n reuse bederf!” – Adelle
“Baie dankie vir ‘n ongelooflike paar dae. Vir al die reëlings wat julle getref het. Die geleenthied om die mooiste plekke te sien en die ongelooflike etes!” – Estie
Reisrooster (Itinerary) (onderhewig aan verandering):
Dag 1: Stap na Waterfront
Inteken by Protea Hotel Seepunt teen 14:00.
Ontspanne stap in die laatmiddag en ontdek die lewendige Waterfront. Geniet ‘n skemerkelkie en smul aan verskeie kulinêre lekkernye tydens aandete.
Word terug vervoer na hotel.
Dag 2: Stap na Clifton & Kampsbaai
Geniet ‘n heerlike ontbyt.
Warm op en strek voor ons stap na Clifton strand. Beleef pragtige uitsigte langs die hanteerbare, meestal plat stap, behalwe vir die trappe by Clifton.
Geniet opsionele opkanppings-oefeninge op die strand, of ontspan eenvoudig in die majestueuse omgewing.
Vir middagete stap ons na Kampsbaai, waar ons middagete geniet met ‘n pragtige uitsig.
Stap rustig terug na die hotel.
Die middag en aand is joune om Seepunt, Groenpunt of die Waterfront te verken en te geniet.
Aandete is op jou eie koste.
Dag 3: Newlands Forest Stap na Kirstenbosch
Na ontbyt neem ‘n bus ons na die beginpunt van ons stap.
‘n Paar opknappings-oefeninge (opsioneel) saam met Linda, en ‘n ligte strek.
Geniet ‘n asemrowende, medium-uitdagende stap deur Newlands Forest vir ±13 km.
Middagete by die bekende Moyo in Kirstenbosch.
Shuttlediens neem ons terug na die hotel.
Die middag en aand is jy vry om te verken of te rus.
Aandete is op jou eie koste.
Dag 4: Op stap met Tafelberg via Platteklip Gorge
Begin die dag met ‘n bevredigende ontbyt voordat ons die bus neem na die beginpunt van ons laaste stap.
‘n Ligte strek om ons liggame voor te berei.
’n Steil staproete neem ons op via die betowerende Platteklip Gorge na die top van Tafelberg. Dis ’n veeleisende stap, maar ons rus baie tussenin. Vir diegene wat nie kans sien nie, sal daar die opsie wees om met die kabelkar op te gaan en eenvoudig bo op Tafelberg rond te stap. Na ‘n koffie/drankie by die restaurant op Tafelberg neem ons almal die kabelkar af.
Geniet ‘n ligte middagete in die hart van Kaapstad by ‘n outentieke Kaapse Maleier restaurant in die ikoniese Bo-Kaap.
Ons word dan terug vervoer na die hotel, waar jy lekker kan rus voor ‘n onvergeetlike gala-aandete saam met Linda en Adriaan.
Dag 5: Ons neem afskeid oor ‘n hartlike ontbyt, terwyl ons die herinneringe en ervarings wat ons gedeel het, koester.