WESKUS & BLOMME STAP 11 – 15 Augustus 2026
R17,700.00
Die Weskus stap is nou vol bespreek. Stuur asseblief ‘n e-pos na adventures@lkfitness.co.za as jy belangstel om jou naam op die waglys te sit.
11 – 15 Augustus 2026
Dis blommetyd aan die Weskus – daardie kort, betowerende seisoen wanneer die landskap ontplof in kleur en mense van regoor die land stroom om dit te beleef. Kom stap saam met my – Linda Kriel – op ’n aktiewe en vreugdevolle reis deur hierdie natuurlike wonder. Ons verken die kuslyn en die veld te voet, van die rustige strande van Britannia Baai tot die blomryke paadjies van Postberg in die Weskus Nasionale Park. Elke oggend begin met opsionele toning- en strekoefeninge, en elke dag eindig met heerlike disse, goeie geselskap en ’n glas wyn. Dis vier dae van beweging, ontspanning en egte Weskus-gasvryheid – met blomme as ons kleurvolle agtergrond.
Net 12 plekke beskikbaar! Die Weskus stap is nou vol bespreek. Stuur asseblief ‘n e-pos na adventures@lkfitness.co.za as jy belangstel om jou naam op die waglys te sit.
Linda se staptoere is soos warm vetkoek op ’n koue dag — hulle vlieg! As jy wil saamstap tussen die blomme, wyn en Weskus-sonskyn, moenie talm nie. Bespreek nou jou plek voordat jy net die foto’s op Facebook sien en wens jy was daar! 🌸👟🍷
Staproetes
Dag 1: Laat middag rustige strand stap.
Dag 2: Britannia baai na Paternoster ± 13km
Dag 3: Paternoster na Tietiesbaai ± 10km
Dag 4: Blommestap: Postberg in Weskus Natuurreservaat (Langebaan) ±14km
Deposito: 25 % deposito betaalbaar onmiddellik, om jou bespreking te verseker. Die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal
Balans: Die oorblywende bedrag is betaalbaar 8 weke voor die aanvang van jou staptoer.
Paaiemente: Jy’s welkom om die balans maandeliks af te betaal — solank die volle bedrag 8 weke voor die toer begin vereffen is. Reël dit gerus met ons kantoor by adventures@lkfitness.co.za.
Hoe om te bespreek:
Indien jy belangstel om te bespreek, stuur asseblief ’n e-pos na adventures@lkfitness.co.za. Sluit die volgende besonderhede in jou boodskap in:
• Die aantal gaste wat wil bespreek.
• Die naam, van, eposadres en selfoonnommer van elke gas. Noem asb wie deel kamers.
• Wag vir ons antwoord om beskikbaarheid te bevestig.
• Verseker jou plek met ‘n 25% deposito (via EFT).
• Voltooi en teken die besprekingsooreenkoms.
Maak seker die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal en die balans word ten minste 8 weke voor die aanvang van die toer betaal.
Betalingsmetode: Betaal per EFT. (moenie “Add to Cart” kliek hier onder nie, tensy jy die volle bedrag nou wil betaal per bankkaart).
Bankbesonderhede: Nedbank | Linda Kriel Adventures | Takkode: 154805 | Current account #1153 515 423
Stuur bewys van betaling, name en selfoonnommers na: 📧 adventures@lkfitness.co.za
Volg ons op: Instagram: @travel_taste_walk_explore and Facebook: Linda Kriel Fitness
KLIEK HIER VIR CANCELLATION POLICY
Ingesluit op die Weskus & Blomme Stap? 🌸👣
-
🛏️ 4 nagte se rus en luuksheid in pragtige gastehuise en hotelle – elke plek ’n juweel op sy eie.
-
🍳 Ontbyt elke oggend - vars, voedsaam en met 'n tikkie Weskus-gasvryheid.
-
🍷 Aandetes wat jou laat glimlag: twee- en driegang maaltye met ’n glasie wyn om die dag af te sluit.
- 🌯 Middagete-pakkie vir dag 4 op ons roete.
-
🚐 Vervoer: van Kaapstad lughawe tot jou eerste aand se akkommodasie in die Cape St Martin Privaat Natuurreservaat, en weer terug vanaf Langebaan.
-
🎒 Bagasie vervoer tussen hotelle – jy stap lig, ons doen die dra!
-
🏞️ Toegang tot die Weskus Nasionale Park – waar blomme en branders mekaar groet.
-
🪪 Stap permitte.
-
🧘♀️ Daaglikse strek en spier-opknappings (heeltemal opsioneel, maar heerlik!) saam met Linda – jou gids én motiveringsmeester.
-
🩺 Dr Adriaan Myburgh – Linda se man en mediese engel op die pad – stap saam en deel interessante feite op die roetes.
-
💬 Slim raad en inspirasie van Linda oor hoe om gemotiveerd te bly, gesond te eet en met ’n glimlag te beweeg – want dis nie net ’n stap nie, dis ’n leefstyl!
- 🛍️ Goodie bag.
Staproetes:
- Dag 1: Laat middag rustige strand stap.
- Dag 2: Britannia baai na Paternoster ± 13km
- Dag 3: Paternoster na Tietiesbaai ± 10km
- Dag 4: Blommestap: Postberg in Weskus Natuurreservaat (Langebaan) ±14km
Die volle reisprogram sal aan jou gestuur word per epos, wanneer jy navraag doen om te bespreek.
Nie ingesluit nie:
- ✈️ Vlugte
- 🥪 Middagetes (behalwe dag 4)
- 🍹 Alle alkoholiese en nie-alkoholiese drankies, behalwe die wyn wat by aandetes ingesluit is.
Resensies van vorige stappe saam met Linda
"Linda dit was amazing! Dis nie die laaste keer wat jy my sien nie. Amazing mense ontmoet!" - Marita
" Al wat ek kan sê is wow, wow, wow! Dit was fantasties. Soms moeilik, maar ek kon aan myself bewys wat ek kan bereik. Sien julle definitief weer!" - Shalane
"Dankie vir die paar wonderlike dae. Julle reëlings en beplannings was só goed! Kos, wyn, stap was fantasties!" - Gerda
"Dit was 'n belewenis van 'n leeftyd. Wonderlik om die avontuur saam met julle te kon doen!" - Annatjie
"Weereens baie dankie vir 'n ongelooflike paar dae! Heerlike kuier, kos en nuwe vriendskappe." - Annelize
" Baie dankie vir 'n ongelooflike 5 dae saam met jou. Alles was 'n hoogtepunt!. Dankie vir al jou raad, vriendelikheid en kuier saam met ons. Ek is verseker terug om alles weer saam met jou te beleef." - Ilse
" Dit was 'n ongelooflike ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie. Baie dankie vir 'n absolute wonderlike staptoer!" - Fransien
" Dit was awesome. Die beste trip waarop ek nog ooit was!" - Nicolette
" Wow dit was 'n ongelooflike ervaring. Verseker baie geleer en die samesyn met almal was great. Die kos en alles was uit die boonste rakke. Verseker volgende jaar weer terug." - Jaqueline
Additional information
| Reviews | This is what others had to say after walking with Linda Kriel: |
|---|









