Weskus & Blomme Stap
11 – 15 Augustus 2026
Die Weskus stap is nou vol bespreek. Stuur asseblief ‘n e-pos na adventures@lkfitness.co.za as jy belangstel om jou naam op die waglys te sit.
Weskus & Blomme Stap – ’n Vierdaagse Fees van Voete, Vreugde en Veldblomme!
Kom stap saam met my, Linda Kriel, in Augustus, wanneer die Weskus sy kleurvolle blomkombers uitrol en die see se asem jou siel verfris. Hierdie 4-dae avontuur neem jou op asemrowende strandroetes, deur die geurige veld en na juweeltjies soos Paternoster en die pragtige Tietiesbaai. Ons bly in smaakvolle akkommodasie, smul aan egte Weskus kos, klink glase wyn en lag tot laat.
Elke oggend begin met heerlike strekoefeninge, en vir die wat lus is vir ’n ekstra bietjie toning, bied ek opsionele spieropknappings-oefeninge aan. Dis nie net ’n stap nie—dis ’n viering van natuur, gesondheid en geselskap. Trek jou stapskoene aan, pak jou kamera, en kom beleef die magie van blommetyd saam met ’n groep wat jou sal laat glimlag lank ná die laaste stap. 🌼🍷🚶♀️

Datum: 11 – 15 Augustus 2026
Groep: slegs plek vir 12. Linda se stappe is baie gewild en word gewoonlik vinnig volbespreek. Moet dus nie uitmis nie. Bespeek vandag! Die Weskus stap is nou vol bespreek. Stuur asseblief ‘n e-pos na adventures@lkfitness.co.za as jy belangstel om jou naam op die waglys te sit.
Fiksheidsvlak: Jy moet vir ‘n minimum van 3 ure per dag (tussen 10 tot 14 km) per dag, kan stap.
Akkommodasie:
- 1 Aand in luukse gastehuis in Cape St Martin Natuurreservaat
- 2 Aande in die Abelone Hotel in Paternoster
- 1 aand in The Farmhouse Hotel in Langebaan
Staproetes:
- Dag 1: Laat middag rustige strand stap
- Dag 2: Britannia baai na Paternoster ± 13km
- Dag 3: Paternoster na Tietiesbaai ± 10km
- Dag 4: Blommestap: Postberg in Weskus Natuurreservaat (Langebaan) ±14km
Kostes:
Per persoon wat kamer deel: R17 700 pp
Enkelkamer: Bybetaling van R3 300. (maak eers seker oor beskikbaarheid).
Deposito: 25 % deposito betaalbaar onmiddellik, om jou bespreking te verseker. Die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal
Balans: betaalbaar 8 weke voor die aanvang van die stap.
Afbetaling: jy is welkom om die balans af te betaal, solank die volle bedrag 8 weke voor die aanvang van die stap betaal is. Reël met ons kantoor as jy maandeliks wil betaal. Epos: adventures@lkfitness.co.za
Kliek hier vir die Cancellation policy

Hoe om te bespreek
Indien jy belangstel om te bespreek, stuur asseblief ’n e-pos na adventures@lkfitness.co.za. Sluit die volgende besonderhede in jou boodskap in:
- Die aantal gaste wat wil bespreek.
- Die naam, van, eposadres en selfoonnommer van elke gas. Noem asb wie deel kamers.
- Wag vir ons antwoord om beskikbaarheid te bevestig.
- Verseker jou plek met ’n 25% deposito (via EFT).
- Voltooi en teken die besprekingsooreenkoms.
Maak seker die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal en die balans word ten minste 8 weke voor die aanvang van die toer betaal.
Ingesluit in jou Weskus & Blomme Stap:
🛏️ 4 nagte se rus en luuksheid in pragtige gastehuise en hotelle – elke plek ’n juweel op sy eie.
🍳 Ontbyt elke oggend – vars, voedsaam en met ‘n tikkie Weskus-gasvryheid.
🍷 Aandetes wat jou laat glimlag: twee- en driegang maaltye met ’n glasie wyn om die dag af te sluit.
🌯 Middagete-pakkie vir dag 4 op ons roete.
🚐 Vervoer: van Kaapstad lughawe tot jou eerste aand se akkommodasie in die Cape St Martin Privaat Natuurreservaat, en weer terug vanaf Langebaan.
🎒 Bagasie vervoer tussen hotelle – jy stap lig, ons doen die dra!
🏞️ Toegang tot die Weskus Nasionale Park – waar blomme en branders mekaar groet.
🪪 Stap permitte.
🧘♀️ Daaglikse strek en spier-opknappings (heeltemal opsioneel, maar heerlik!) saam met Linda – jou gids én motiveringsmeester.
🩺 Dr Adriaan Myburgh – Linda se man en mediese engel op die pad – stap saam en deel interessante feite op die roetes.
💬 Slim raad en inspirasie van Linda oor hoe om gemotiveerd te bly, gesond te eet en met ’n glimlag te beweeg – want dis nie net ’n stap nie, dis ’n leefstyl!
Nie ingesluit nie:
- ✈️ Vlugte
- 🥪 Middagetes (behalwe dag 4)
- 🍹 Alle alkoholiese en nie-alkoholiese drankies, behalwe die wyn wat by aandetes ingesluit is.
Resensies van vorige stappe saam met Linda
“Linda dit was amazing! Dis nie die laaste keer wat jy my sien nie. Amazing mense ontmoet!” – Marita
” Al wat ek kan sê is wow, wow, wow! Dit was fantasties. Soms moeilik, maar ek kon aan myself bewys wat ek kan bereik. Sien julle definitief weer!” – Shalane
“Dankie vir die paar wonderlike dae. Julle reëlings en beplannings was só goed! Kos, wyn, stap was fantasties!” – Gerda
“Dit was ‘n belewenis van ‘n leeftyd. Wonderlik om die avontuur saam met julle te kon doen!” – Annatjie
“Weereens baie dankie vir ‘n ongelooflike paar dae! Heerlike kuier, kos en nuwe vriendskappe.” – Annelize
” Baie dankie vir ‘n ongelooflike 5 dae saam met jou. Alles was ‘n hoogtepunt!. Dankie vir al jou raad, vriendelikheid en kuier saam met ons. Ek is verseker terug om alles weer saam met jou te beleef.” – Ilse
” Dit was ‘n ongelooflike ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie. Baie dankie vir ‘n absolute wonderlike staptoer!” – Fransien
” Dit was awesome. Die beste trip waarop ek nog ooit was!” – Nicolette
” Wow dit was ‘n ongelooflike ervaring. Verseker baie geleer en die samesyn met almal was great. Die kos en alles was uit die boonste rakke. Verseker volgende jaar weer terug.” – Jaqueline
Ontdek Nog Stappe


