Weskus & Blomme Stap
10 - 14 Augustus 2027
Seelug, Veldblomme & Weskus Gasvryheid
Kom stap saam met my, Linda Kriel, in Augustus, wanneer die Weskus sy kleurvolle blomkombers oopvou en die seelug jou siel ligter laat voel. Hierdie stap‑avontuur neem jou oor asemrowende strandroetes, deur geurige veldblomme en na juweeltjies soos Paternoster, die pragtige Tietiesbaai én Postberg, waar die beste blomme van die seisoen elke jaar hul verskyning maak.
Ons bly in smaakvolle akkommodasie, geniet egte Weskus‑kos en klink glasies wyn terwyl die dag se stories rustig uitrol. Dis nie net ’n stap nie, dis ’n viering van natuur, gesondheid en geselskap. Trek jou stapskoene aan, pak jou kamera, en kom beleef die magie van blommetyd saam met ’n groep wat jou lank ná die laaste stap nog sal laat glimlag. 🌼🍷🚶🏻♀️
📅 10 – 14 Augustus 2027 | Vier nagte vyf dae
Scroll af vir al die inligting 👇🏽
Wat Maak Dié Stap So Spesiaal?
Asemrowende roetes — van stil strandstappies tot rotspaadjies waar see en kleurvolle veldblomme saamvloei, tot kleurvolle velde vol daisies, sporries en ander blommeprag. Ons stap vir drie dae tussen 13–15 km per dag, meestal plat en sonder groot opdraendes.
Stresvrye vakansie — geen bekommernis oor vervoer, permitte of reëlings nie; alles word vir jou gedoen. Jy stap net met jou rugsakkie en geniet elke oomblik.
Weskus‑gasvryheid — stylvolle strandhuise en boutique‑hotelle met warm, eg Suid‑Afrikaanse gasvryheid.
Heerlike plaaslike kos — word elke aand met iets besonders verras. Twee- en driegang aandetes van vars seekosse en Weskus smeulgeregte.
Kultuur en kalmte — ontdek vissersdorpe soos Paternoster, vol stories, kuns en karakter.
Balans en ontspanning — die perfekte mengsel van lang strand‑ en blomroetes, asemrowende uitsigte, rustige middae en genoeg tyd om te ontspan.
Stap saam met Linda Kriel — Suid‑Afrikaanse fiksheidskenner en -skrywer en haar man Dr Adriaan stap en kuier elke dag saam met jou. Elke oggend begin met opsionele ligte 15‑minute oefensessies wat die lyf wakker maak en jou eenvoudige tegnieke leer om tuis te gebruik.
Ingesluit
🛏️ 4 nagte se rus en luuksheid in pragtige gastehuise en hotelle – elke plek ’n juweel op sy eie.
🍳 Ontbyt elke oggend – vars, voedsaam en met ‘n tikkie Weskus-gasvryheid.
🍷 Aandetes wat jou laat glimlag: twee- en driegang maaltye met ’n glasie wyn om die dag af te sluit.
🌯 Middagete-pakkie vir dag 4 op ons roete.
🚐 Vervoer: van Farmhouse Hotel in Langebaan waar ons bymekaarkom tot by jou eerste aand se akkommodasie in die Cape St Martin Privaat Natuurreservaat. Vervoer van groep na staproetes en volgende hotelle.
🎒 Bagasie vervoer tussen hotelle – jy stap lig, ons doen die dra!
🏞️ Toegang tot die Weskus Nasionale Park – waar blomme en branders mekaar groet.
🪪 Stap permitte.
🧘♀️ Daaglikse strek en spier-opknappings (heeltemal opsioneel, maar heerlik!) saam met Linda – jou gids én motiveringsmeester.
🩺 Dr Adriaan Myburgh – Linda se man en mediese engel op die pad – stap saam en deel interessante feite op die roetes.
💬 Slim raad en inspirasie van Linda oor hoe om gemotiveerd te bly, gesond te eet en met ’n glimlag te beweeg – want dis nie net ’n stap nie, dis ’n leefstyl!
Nie Ingesluit
✈️ Vlugte
🥪 Middagetes (behalwe dag 4)
🍹 Alle ekstra alkoholiese en nie-alkoholiese drankies, behalwe die wyn wat by aandetes ingesluit is.
Kostes
R18 700 pp wat kamer deel.
Enkelkamer: Bybetaling van R3 300 (maak eers seker oor beskikbaarheid)
Deposito: 25 % deposito betaalbaar onmiddellik, sodra jou aansoek goedgekeur is. Die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal.
Balans: betaalbaar 8 weke voor die aanvang van die stap.
Afbetaling: jy is welkom om die balans af te betaal, solank die volle bedrag 8 weke voor die aanvang van die stap betaal is. Reël met ons kantoor as jy maandeliks wil betaal. Epos: adventures@lkfitness.co.za of WhatsApp 078 242 7387
Hoe Om Te Bespreek
Sien Koste hier bo ☝🏼
Besprekings:
As jy belangstel, stuur asseblief ‘n e-pos na adventures@lkfitness.co.za, of WhatsApp na 078 242 7387
Dui aan watter stap jy in belangstel.
Dui aan hoeveel gaste en watter tipe kamer(s) jy benodig (enkelkamer of gedeelde kamer).
Gee die naam, van, en selnommer van die mense wat wil bespreek.
Sodra ons jou aansoek goedgekeur het:
Reserveer jou plek met ‘n 25% deposito.
Teken die besprekingskontrak.
Die balans is 8 weke voor die begin van die toer verskuldig.
Staproetes
Dag 1: Laat middag rustige strand stappie ± 2km
Dag 2: Britannia baai na Paternoster ± 15km
Dag 3: Paternoster na Tietiesbaai ± 13km
Dag 4: Blommestap: Postberg in Weskus Natuurreservaat (Langebaan) ±14km
Die volledige Itinerary – met al die lekker tye wat voorlê – kry jy wanneer jy bespreek.
Resensies Van Vorige Stappe Saam Met Linda
” Wow dit was ‘n ongelooflike ervaring. Verseker baie geleer en die samesyn met almal was great. Die kos en alles was uit die boonste rakke. Verseker volgende jaar weer terug.” – Jaqueline
“Baie dankie Linda dit het al my verwagtinge oortref! Ek het elke oomblik baie geniet en baie lekker pelle gemaak!!” – Isonette
“Heerlike kuier, kos en nuwe vriendskappe. Weereens baie dankie vir ‘n ongelooflike paar dae! ” – Annelize
” Baie dankie vir ‘n ongelooflike 5 dae saam met jou. Alles was ‘n hoogtepunt!. Dankie vir al jou raad, vriendelikheid en kuier saam met ons. Ek is verseker terug om alles weer saam met jou te beleef.” – Ilse
“5 Star soos altyd, dankie Linda!” – Marita
“Dit was ‘n belewenis van ‘n leeftyd.” – Annatjie
” Dit was awesome. Die beste trip waarop ek nog ooit was!” – Nicolette




