Wild Coast Stap

3 - 7 Mei 2027

Die Wildekus Roep – Kom Stap Saam

Kom stap saam met my, Linda Kriel, die asemrowende Wildekus in die Oos Kaap, een van die mooiste dele in Suid Afrika. ‘n Lekker aktiewe 4 dae van baie stap, heerlike kos en lekker lag. Smiddae ontspan ons en geniet die Wildkus-gasvryheid by 4 verskillende kus-hotelle.

Dis ’n ervaring vir die sintuie én die siel – met lag, inspirasie en geselskap wat jou hart warm maak.

📅 3 – 7 Mei 2027 | Vier nagte vyf dae

Scroll af vir al die inligting 👇🏽

Wat Maak Dié Stap So Spesiaal?

Die Wild Coast Stap is ’n luukse, sorgvrye avontuur waar jy elke dag van hotel na hotel stap — vier pragtige hotelle, elk met hul eie karakter, uitsigte en gasvryheid. Jou bagasie word vir jou vervoer, so jy stap lig en vry langs een van Suid‑Afrika se mees ongerepte kuslyne. Die roete neem jou deur stil strande, klipkranse, grasvlaktes en die eindelose see wat jou heelpad vergesel.

Stap saam met Linda Kriel — Suid‑Afrikaanse fiksheidskenner en skrywer — en haar man Dr Adriaan. Warm geselskap, inspirasie en ’n groep wat binne ’n dag soos familie voel, maak die ervaring nóg meer besonders.

Elke middag is heeltemal joune: rus, lees, swem, of geniet net die rustige atmosfeer van die hotel. Saans word jy bederf met heerlike driegangmaaltye en wyn, ’n gesellige afsluiting na ’n dag se stap. Dis ’n roete wat jou liggaam laat beweeg, jou kop laat stil word, en jou hart vol maak — luuks genoeg om jou te bederf, wild genoeg om jou te laat asemhaal.

Akkommodasie

Ons slaap elke aand in ‘n ander kusdorp-hotel. Moenie bekommerd wees nie, ons bagasie word daagliks vervoer en ons stap net met ‘n klein rugsakkie.

Aand 1: Seagulls Beach Hotel

Aand 2: Morgan Bay Hotel

Aand 3: Haga Haga Hotel

Aand 4: Crawfords Beach Lodge

 

Ingesluit

    • 4 Nagte by 4 pragtige kus-hotelle

    • Alle ontbyte en 3-gang aandetes by die 4 hotelle.
    • Middagete pakkies vir Dag 3 en 4.

    • ‘n Glas wyn/koeldrank by aandetes.

    • Vervoer vanaf Oos London lughawe na die eerste hotel en weer terug vanaf ons laaste hotel na die lughawe.

    • Daaglikse bagasie vervoer.

    • Veerboot (ferry) en gidsfooie.

    • Dr Adriaan Myburgh – Linda se man en mediese engel op die pad – stap saam en deel interessante feite op die roetes.

    • Slim raad en inspirasie van Linda oor hoe om gemotiveerd te bly, gesond te eet en met ’n glimlag te beweeg – want dis nie net ’n stap nie, dis ’n leefstyl!

    • Goody bag.

Nie Ingesluit

 

    • Alle vlugte.

    • Middagete vir dag 2. Ons kom betyds by Morgan Bay Hotel aan sodat julle rustig by die restaurant of hotel se stoep ‘n ligte middagete op jul eie tyd kan geniet.

    • Alle ander alkoholiese en nie-alkoholiese drankies.

Kostes

R17 900 pp wat kamer deel. 

Enkelkamer: Bybetaling van R2000 (maak eers seker oor beskikbaarheid)

Deposito: 25 % deposito betaalbaar onmiddellik, sodra jou aansoek goedgekeur is. Die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal.

Balans: betaalbaar 8 weke voor die aanvang van die stap.

Afbetaling: jy is welkom om die balans af te betaal, solank die volle bedrag 8 weke voor die aanvang van die stap betaal is. Reël met ons kantoor as jy maandeliks wil betaal. Epos: adventures@lkfitness.co.za of WhatsApp 078 242 7387

 

Hoe Om Te Bespreek

Sien Koste hier bo ☝🏼

Besprekings:

As jy belangstel, stuur asseblief ‘n e-pos na adventures@lkfitness.co.za, of WhatsApp na 078 242 7387

Dui aan watter stap jy in belangstel.

Dui aan hoeveel gaste en watter tipe kamer(s) jy benodig (enkelkamer of gedeelde kamer).

Gee die naam, van, en selnommer van die mense wat wil bespreek.

Sodra ons jou aansoek goedgekeur het:

Reserveer jou plek met ‘n 25% deposito.

Teken die besprekingskontrak.

Die balans is 8 weke voor die begin van die toer verskuldig.

Staproetes

Dag 1: Geen stap: Vervoer vanaf Oos London‑lughawe om ±14:00 per pendeldiens vir ’n rit van ongeveer 2 uur na Seagulls Hotel. Inboek en ontspanning of ’n aktiwiteit (afhangend van aankomstyd).

Dag 2: Stap vanaf Seagulls Hotel na Morgan Bay Hotel — ±14 km

Dag 3: Stap vanaf Morgan Bay na Haga Haga hotel — ±13,5 km

Dag 4: Stap vanaf Haga Haga na Crawfords Beach Lodge in Chintsa East — ±15,5 km

Die volledige reisrooster, met al die lekker tye wat voorlê, ontvang jy wanneer jy bespreek.

Resensies Van Vorige Stappe Saam Met Linda

“Baie dankie vir ‘n heerlike week op die Wild Coast! Die blyplek en etes was uit die boonste rakke. Ek sal nooit die ervaring vergeet nie, het verseker memories gemaak en nuwe vriendskappe gesmee.” – Wilma

“Thanks for organising this Wild Coast adventure – a spectacular coastline new to me. We loved swimming in the sea, walking barefoot, crossing the river, and the beautiful views.” – Nicky

“Kyk hierdie was nou ‘n belewenis en ‘n half!! Ek moes lankal saam kom stap het. Dit was so mooi en ek het meer geëet in die 3 dae as die laaste maand. (gelukkig het ons baie gestap). Baie dankie dat julle dit so amazing en lekker vir ons gemaak het. Ek sien uit na die volgende stap.” – Nicolene

” Thank you for the most lovely trip. I have never seen South Africa in such a beautiful light and you have made me appreciate God even more after what I’ve seen on this trip. I appreciate all your efforts.” – Jasmin

Wow!!! Dit was nou absoluut ‘n wonderlike belewenis! Linda en Adriaan, vreeslik dankie vir hierdie wonderlike stap, ek het nou wragtig my gate uit geniet. Ek en my tjomme kom verseker weer op ‘n stap saam julle.” – Sam

“Dis iets wat ek nog altyd saam jou wou doen en wat ‘n belewenis! Ek sal dit oor en oor weer wil doen. Dankie vir die voorbeeld wat jy vir ons is wat oefeninge en reg eet betref, maar die belangrikste om gesond te wees. Sien uit na die volgende een.” – Anneke

“Dankie vir jou voorbeeld om met liefde, mooi geaardheid ons te motiveer om ons liggame mooi op te pas. Ek gaan huistoe met ‘n vernuwe gemoed.” – Anna-Marie

Reg Vir 'n Avontuur van 'n Leeftyd?

Ontdek Nog Stappe

All Rights Reserved ® 2026

Website by DigitalBeyond