Winelands Stap

11 - 15 April 2027

Die Wynlande Roep – Kom Stap Saam

Kom stap saam met my, Linda Kriel, deur die pragtige landskappe van Stellenbosch en Franschhoek, waar wingerde, bergpaadjies en vars lug jou elke dag verwelkom. Ons stap deur die Wynlande met ’n ligte pas en ’n ligte hart, met genoeg tyd vir asemrowende uitsigte, lekker kuier en natuurlik winkeltjies besoek – ’n perfekte balans van aktief wees en ontspan.

Tussendeur geniet ons fynproewer happies en Kaapse wyne, by uitgesoekte restaurante en wynplase. Ons bly in stylvolle akkommodasie wat jou laat herlaai en bederf.

Dis ’n ervaring vir die sintuie én die siel – met lag, inspirasie en geselskap wat jou hart warm maak.

📅 11 – 15 April 2027 | Vier nagte vyf dae

Scroll af vir al die inligting 👇🏽

Wat Maak Dié Stap So Spesiaal?

Asemrowende roetes — ons stap eers in Stellenbosch se pragtige dorpie en natuur, deur lanings, oor sagte bergpaadjies en na uitsigte wat jou asem laat staan. Daarna wag Franschhoek, waar ons van wynplaas na wynplaas stap tussen wingerde en valleie. Die finale dag neem jou na die ikoniese granietkoepels van die Paarl — ’n ongelooflike landskap wat jou laat voel asof jy in ’n ander wêreld instap.

Stresvrye vakansie — geen bekommernis oor vervoer, permitte of reëlings nie; alles word vir jou gedoen. Jy stap net met jou rugsakkie en geniet elke oomblik.

Stylvolle akkommodasie — jy slaap sag en in styl: 2 aande in ’n gastehuis in Stellenbosch en 2 aande in ’n gastehuis of boutique‑hotel in Franschhoek. Rustige kamers, warm gasvryheid en plekke wat jou laat herlaai — die perfekte balans vir ’n stapvakansie waar jy lig reis en lekker rus.

Heerlike kos en wyn — uitgesoekte restaurante, fynproewer‑geregte en wynplase wat jou bederf met unieke wine pairings. Elke dag bring nuwe smake, nuwe stories en ’n nuwe manier om die Wynlande te proe.

Kultuur en kalmte — ontdek die geheime van Stellenbosch, stap na die Everard Read‑kunsgalery, en ervaar die rustige ritme van wingerde wat jou omring. Dis kultuur, natuur en kalmte in perfekte harmonie.

Balans en ontspanning — die ideale mengsel van lang stappe, uiteenlopende natuurskoon, asemrowende uitsigte, rustige middae en genoeg tyd om te ontspan. Jy beweeg, jy asem, jy herlaai.

Stap saam met Linda Kriel — Suid‑Afrikaanse fiksheidskenner en skrywer, saam met haar man Dr Adriaan, stap en kuier elke dag saam met jou. Warm geselskap, inspirasie en ’n groep wat soos familie voel.

Akkommodasie

2 Aande in ‘n vierster gastehuis in sentraal Stellenbosch

2 Aande in ‘n vierster Boutique Hotel en gastehuis in sentraal Franschhoek

 

Ingesluit

🛏️  Stylvolle akkommodasie 2 nagte in Stellenbosch en 2 nagte in Franschhoek – waar jy rus in luuksheid, naby aan die aksie maar ver van die alledaagse.

🍳 Ontbyt en middagetes – vars, voedsaam en met ‘n tikkie Winlelands-gasvryheid.

🍷 2 Gourmet aandetes wat jou laat glimlag: twee- en driegang maaltye by uitgesoekte restaurante. 

🍷 Drankies ’n Glas wyn, bier of koeldrank saam met etes.

🍾 2 x Wine pairing geleenthede – want dis nie ’n Winelands-toer sonder ’n bietjie swirl, sniff en sip nie!

🚐 Vervoer – tussen hotelle, asook  na en van staproetes.

🎒 Bagasie vervoer tussen hotelle – jy stap lig, ons doen die dra!

🪪 Stap-permitte.

🧘‍♀️ Daaglikse strek-oefeninge – vir die moeë lywe, saam met Linda – jou gids én motiveringsmeester.

🩺 Dr Adriaan Myburgh – Linda se man en mediese engel op die pad – stap saam en deel interessante feite op die roetes.

💬 Slim raad en inspirasie van Linda oor hoe om gemotiveerd te bly, gesond te eet en met ’n glimlag te beweeg – want dis nie net ’n stap nie, dis ’n leefstyl!

Nie Ingesluit

✈️ Vlugte en vervoer tussen lughawe en hotel – jy reël jou rit, ons wag met oop arms by die akkommodasie.

🍽️ Twee aandetes (aand 2 en 3) – daardie maaltye gee jou kans om self te kies waar en wat jy wil geniet.

🍹 Alle ekstra alkoholiese en nie-alkoholiese drankies, behalwe die wyn wat by aandetes ingesluit is.

Kostes

R18 700 pp wat kamer deel. Early Birds kry R1000 afslag. Dus R17 700. Geldig tot 7 September 2026.

Enkelkamer: Bybetaling van R3 300 (maak eers seker oor beskikbaarheid)

Deposito: 25 % deposito betaalbaar onmiddellik, sodra jou aansoek goedgekeur is. Die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal.

Balans: betaalbaar 8 weke voor die aanvang van die stap.

Afbetaling: jy is welkom om die balans af te betaal, solank die volle bedrag 8 weke voor die aanvang van die stap betaal is. Reël met ons kantoor as jy maandeliks wil betaal. Epos: adventures@lkfitness.co.za of WhatsApp 078 242 7387

 

Hoe Om Te Bespreek

Besprekings maak die 1ste September 2026 oop. Jy is welkom om solank jou naam op ‘n waglys te sit as jy bekommerd is dat jy nie plek gaan kry nie. Stuur vir ons ‘n epos na adventures@lkfitness.co.za of WhatsApp na 078 242 7387.

Sien Koste hier bo ☝🏼

Besprekings:

As jy belangstel, stuur asseblief ‘n e-pos na adventures@lkfitness.co.za, of WhatsApp na 078 242 7387

Dui aan watter stap jy in belangstel.

Dui aan hoeveel gaste en watter tipe kamer(s) jy benodig (enkelkamer of gedeelde kamer).

Gee die naam, van, en selnommer van die mense wat wil bespreek.

Sodra ons jou aansoek goedgekeur het:

Reserveer jou plek met ‘n 25% deposito.

Teken die besprekingskontrak.

Die balans is 8 weke voor die begin van die toer verskuldig.

Staproetes

Dag 1: Laatmiddag‑stappie deur Stellenbosch se dorp — ±4 km

Dag 2: Langs die Eersterivier, dan ’n pragtige Stellenbosch‑bergpad tot by Lanzerac; eindig met middagete by Helena’s — ±12 km

Dag 3: Franschhoek wynstap, van wynplaas na wynplaas — ±11 km

Dag 4: Paarl Rock‑stap — unieke granietformasies en pragtige uitsigte — ±9 km

Die volledige reisrooster, met al die lekker tye wat voorlê, ontvang jy wanneer jy bespreek.

Neem kennis: sommige roetes kan effens gewysig word.

Resensies Van Vorige Stappe Saam Met Linda

” Wow dit was ‘n ongelooflike ervaring. Verseker baie geleer en die samesyn met almal was great. Die kos en alles was uit die boonste rakke. Verseker volgende jaar weer terug.” – Jaqueline

“Baie dankie Linda dit het al my verwagtinge oortref! Ek het elke oomblik baie geniet en baie lekker pelle gemaak!!” – Isonette

“Heerlike kuier, kos en nuwe vriendskappe. Weereens baie dankie vir ‘n ongelooflike paar dae! ” – Annelize

” Baie dankie vir ‘n ongelooflike 5 dae saam met jou. Alles was ‘n hoogtepunt!. Dankie vir al jou raad, vriendelikheid en kuier saam met ons. Ek is verseker terug om alles weer saam met jou te beleef.” – Ilse

“5 Star soos altyd, dankie Linda!” – Marita

“Dit was ‘n belewenis van ‘n leeftyd.” – Annatjie

” Dit was awesome. Die beste trip waarop ek nog ooit was!” – Nicolette

Reg Vir 'n Avontuur van 'n Leeftyd?

Kontak ons: email: adventures@lkfitness.co.za   WhatsApp: 078 242 7387