Kaapse Stap, Eet en Kuier – 2025
Kaapse Stap, Eet en Kuier
10 – 14 Maart 2025
Maak jou reg vir ‘n onvergeetlike ervaring!
Kom stap, eet en kuier saam met my – Linda Kriel – in die mooiste Kaap en skep herhinneringe vir ‘n leeftyd!
Elke dag verken ons asemrowende roetes: langs die see, in die woud en die “bucket-list” ervaring natuurlik – ‘n stap op met Tafelberg! Ons dra nie swaar nie, maar stap met net ‘n rugsakkie, want ons slaap in ‘n 4-ster hotel en word na ons staproetes vervoer.
Na elke dag se stap word jy bederf met die beste kos wat Kaapstad bied. Jy het ook die geleentheid om elke dag voor of tydens die stap saam met my strek- en opknappings-oefeninge doen. (opsioneel).
Rol af om Kostes te sien en Hoe Om Te Bespreek.
Wat Om Te Verwag
Hier is ‘n voorsmakie. Neem kennis: op die video is net ‘n groep dames, maar die stap is oop vir die manne ook, so bring gerus vir manlief saam! Maak seker om tot die einde van die 13 min video te kyk 😁
“Wow! Die kuier, kos, stap, oefeninge en atmosfeer het al ons verwagtinge oortref! Die hele ervaring was amazing. Dankie vir al jul gasvryheid, liefde, passie en moeite in alles. Ons sien jou verseker weer volgende jaar.” – Adelle en Lize
Groep: slegs plek vir 16. My stappe is baie gewild en word gewoonlik vinnig volbespreek. Moet dus nie uitmis nie. Bespreek vadag!
Fiksheidsvlak: Om deel te neem, moet jy die vermoë hê om vir ‘n minimum van 3 ure per dag aanhoudend, vir agtereenvolgende dae te stap. Om vir hierdie stap voor te berei moet jy dus ook op- en afdraendes kan stap.
Hotel: Protea Hotel Seepunt
Kostes:
- R16 390 per persoon wat ‘n kamer deel. Early Bird kry R1000 AF! = R15 390. Beperkte tyd.
- R18 740 as jy in ‘n enkelkamer wil bly. Early Bird kry R1000 AF! = R17 740. Beperkte tyd.
Deposito: 50% deposito betaalbaar onmiddelik, om jou bespreking te verseker.
Balans: betaalbaar 8 weke voor die aanvang van die stap. Jy is welkom om die balans af te betaal, solank die volle bedrag 8 weke voor die aanvang van die stap betaal is. Reël met ons kantoor as jy maandeliks wil betaal.
Kliek hier vir die Cancelation Policy
Hoe Om Te Bespreek
- As jy belangstel, stuur asseblief ‘n e-pos na adventures@lkfitness.co.za, of WhatsApp 078 040 4297.
- Dui aan hoeveel gaste en watter tipe kamer(s) jy benodig (enkelkamer of gedeelde kamer).
- Gee die naam, van, en selnommer van die mense wat wil bespreek.
- Reserveer jou plek met ‘n 50% deposito (kredietkaart of bankoorplasing (EFT).
- Teken die besprekings-ooreenkoms.
- Die balans is 8 weke voor die begin van die toer verskuldig.
Indien jy reeds navraag gedoen het en nou per bankkaart jou deposito wil betaal:
Ingesluit in die staptoer:
- 4 Nagte in die Protea Hotel Seepunt.
- Alle ontbyte by die hotel.
- Alle middagetes en twee aandetes.
- ‘n Glas wyn, bier of koeldrank saam met middag- en aandetes.
- Vervoer na die staproetes en terug.
- Kablekar kaartjies en permitte vir stappe.
- Daaglikse strek en opknappings-oefeninge vir probleemareas (opsioneel) met Linda Kriel.
- Dr Adriaan is byderhand om klein mediese probleme aan te spreek. Hy stap elke dag saam met ons.
- Motivering, dieet- en oefening wenke van Linda.
- Goody bag.
Nie ingesluit nie:
- Vlugte.
- Vervoer van en na die lughawe.
- Twee van die 4 aandetes is vir jou eie rekening.
Resensies van vorige stappe saam met Linda
” Wow dit was ‘n ongelooflike ervaring. Verseker baie geleer en die samesyn met almal was great. Die kos en alles was uit die boonste rakke. Nooit gedink ek sou Tafelberg kon uitklim nie, but I did it! Verseker volgende jaar weer terug.” – Jacks
” Al wat ek kan sê is wow, wow, wow! Dit was fantasties. Soms moeilik, maar ek kon aan myself bewys wat ek kan bereik. Sien julle definitief weer!” – Shalane
” Baie dankie vir ‘n ongelooflike 5 dae saam met jou. Alles was ‘n hoogtepunt!. Dankie vir al jou raad, vriendelikheid en kuier saam met ons. Ek is verseker terug om alles weer saam met jou te beleef.” – Ilze
” Dit was ‘n ongelooflike ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie. Baie dankie vir ‘n absolute wonderlike staptoer!” – Fronika
” Dit was awesome. Die beste trip waarop ek nog ooit was!” – Nicolette
” Hierdie was my tweede stap en dit was weereens besonders, spesiaal, heerlik en lekker. Wat ‘n reuse bederf!” – Adelle
“Baie dankie vir ‘n ongelooflike paar dae. Vir al die reëlings wat julle getref het. Die geleenthied om die mooiste plekke te sien en die ongelooflike etes!” – Estie
Reisrooster (Itinerary) (onderhewig aan verandering):
Dag 1: Stap na Waterfront
- Inteken by Protea Hotel Seepunt teen 14:00.
- Ontspanne stap in die laatmiddag en ontdek die lewendige Waterfront. Geniet ‘n skemerkelkie en smul aan verskeie kulinêre lekkernye tydens aandete.
- Word terug vervoer na hotel.
Dag 2: Stap na Clifton & Kampsbaai
- Geniet ‘n heerlike ontbyt.
- Warm op en strek voor ons stap na Clifton strand. Beleef pragtige uitsigte langs die hanteerbare, meestal plat stap, behalwe vir die trappe by Clifton.
- Geniet opsionele opkanppings-oefeninge op die strand, of ontspan eenvoudig in die majestueuse omgewing.
- Vir middagete stap ons na Kampsbaai, waar ons middagete geniet met ‘n pragtige uitsig.
- Stap rustig terug na die hotel.
- Die middag en aand is joune om Seepunt, Groenpunt of die Waterfront te verken en te geniet.
- Aandete is op jou eie koste.
Dag 3: Newlands Forest Stap na Kirstenbosch
- Na ontbyt neem ‘n bus ons na die beginpunt van ons stap.
- ‘n Paar opknappings-oefeninge (opsioneel) saam met Linda, en ‘n ligte strek.
- Geniet ‘n asemrowende, medium-uitdagende stap deur Newlands Forest vir ±13 km.
- Middagete by die bekende Moyo in Kirstenbosch.
- Shuttlediens neem ons terug na die hotel.
- Die middag en aand is jy vry om te verken of te rus.
- Aandete is op jou eie koste.
Dag 4: Op stap met Tafelberg via Platteklip Gorge
- Begin die dag met ‘n bevredigende ontbyt voordat ons die bus neem na die beginpunt van ons laaste stap.
- ‘n Ligte strek om ons liggame voor te berei.
- ’n Steil staproete neem ons op via die betowerende Platteklip Gorge na die top van Tafelberg. Dis ’n veeleisende stap, maar ons rus baie tussenin. Vir diegene wat nie kans sien nie, sal daar die opsie wees om met die kabelkar op te gaan en eenvoudig bo op Tafelberg rond te stap. Na ‘n koffie/drankie by die restaurant op Tafelberg neem ons almal die kabelkar af.
- Geniet ‘n ligte middagete in die hart van Kaapstad by ‘n outentieke Kaapse Maleier restaurant in die ikoniese Bo-Kaap.
- Ons word dan terug vervoer na die hotel, waar jy lekker kan rus voor ‘n onvergeetlike gala-aandete saam met Linda en Adriaan.
Dag 5:
Ons neem afskeid oor ‘n hartlike ontbyt, terwyl ons die herinneringe en ervarings wat ons gedeel het, koester.