Oefen om buierigheid en depressie te oorbrug!

web-depressed-rf-getty-cBaie mense sê depressie is die “siekte van ons tyd”, maar dié benaming is eintlik verkeerd as jy in aanmerking neem dat selfs Bybelfigure soos Job, Dawid en koning Saul het onder depressie gebukkend gegaan.

Daar is heelwat maniere om dit te behandel en ek stel voor dat jy die gebruik van medikasie met jou dokter moet bespreek. Oefening is ‘n uiters effektiewe manier om depressie hok te slaan. As jy gereeld ‘n oefenprogram volg, sal jy meer positief voel, van buierigheid ontslae raak en meer energie en selfvertroue hê. Wanneer jy oefen, word jou brein gestimuleer om endorfiene vry te stel, wat ‘n gevoel van behaaglikheid by jou skep. Jy hoef nie te oefen asof jy vir die Comrades marathon voorberei nie. Kardiovaskulêre oefeninge soos vinnig stap (of draf as jy fikser is), fietsry, roei of aërobiese oefenklasse dertig minute drie keer per week kan hewige depressie verlig. My beste raad is egter om eers by jou dokter seker te maak oor die graad van depressie en of dit nodig is om medikasie ook te neem. Sommige mense ervaar hewige newe effekte van medikasie en kan dus slegs oefen om depressie te oorbrug.

Kliek hier as jy vir die 3 Weke 3 Punt Plan wil inskryf en kry dadelik jou 7 Dae Eetplan en elke dag –  vir 21 Dae – jou oefenprogram: https://www.lindakrielfitness.co.za