Die Beste oefening vir jou Heupe
Die Beste Oefening Vir Jou Heupe
Ek is mál oor hierdie heupoefening! Dit oefen die boudspier én die heupe. Dit is ook ‘n baie belangrike oefening vir drawwers, aangesien swak heup- en boudspiere ‘n wanbalans kan veroorsaak en lei tot knieprobleme. Doen hierdie oefening so drie keer per week en kombineer dit met kardiovaskulêe oefeninge om die vetlagie op die heupe te verbrand.
1) Lig jou knie op
Lê op jou linkersy, met jou bene 45° gebuig en rus jou kop op jou linkerarm. Hou jou voete bymekaar en lig net jou regternie op. Plaas jou regterhand aan die buitekant van jou regterbeen. Jou regterhand gaan dien as weerstand vir hierdie oefening. Alternatiewelik kan jy ‘n oefenrek om jou bobene sit vir ekstra weerstand, of soos wat ek op die dvd wys, hou gewiggies op jou been vas.
2) Druk af
Druk nou jou regterknie af totdat dit net-net raak aan jou linkerknie, voordat jy weer die knie oplig. Wanneer jy jou knie laat sak, moet jy hard druk met jou hand en weerstand bied met jou regterbeen, sodat dit moeilik is om jou knie af te druk. Probeer 20-30 herhalings en doen dan dieselfde aan die anderkant. Doen uiteindelik 3 stelle aan albei kante. Jy kan jou heupe strek tussen stelle.
KRY ONS MOOI MAAG E-BOEK!
Kliek hier: Mooi Maag e-boek