Glip in jou skinny jeans in. Werk jou binnebene!

Met hierdie oefening hoef jy nie meer bekommerd te wees oor bobene wat teenmekaar skuur as jy op die strand loop nie. Dié isometriese oefening werk anders as gewone oefeninge wat jou binnebene versterk. Dit werk diep en intensief, daar waar jy dit die nodigste het.

Druk met jou voete binnetoe

Sit op die vloer met jou bene reguit voor jou uitgestrek en plaas jou voete weerskante van ‘n stewige stoel of kas. Hou jou rug regop en jou hande langs jou boude. Druk nou met jou voete na binnekant teen die stoel/kas, so hard as wat jy kan. Hou dit so vir 30 tot 60 sekondes, sonder om te ontspan.

Maak dit moeiliker

Om dit meer uitdagend te maak, moenie jou hande gebruik om jouself te stut nie. Lig dit op voor jou en hou jou arms voor jou gevou. Op die manier werk jou binnebene harder én jou maagspiere word ook betrek. Hou jou maag ingetrek. Jy kan hierdie oefening 3 keer per week, 2 of 3 keer per dag doen.

KRY DIE LK FITNESS APP

Weeklikse oefen- en eetplanne!

Kliek hier vir die app: LK Fitness App