Wild Coast Stap

5 – 9 Mei 2026

Kom stap saam met my – Linda Kriel – die asemrowende Wildekus in die Oos Kaap, een van die mooiste dele in Suid Afrika. ‘n Lekker aktiewe 4 dae van baie stap, heerlike kos, klein bietjie oefen (die wat wil) en baie lag. Smiddae ontspan ons en geniet die Wildkus-gasvryheid by 4 verskillende kus-hotelle.


”Die Wild Coast stap was magical, die roetes was prentjie-mooi, die ondervinding was goed vir die siel. Sien uit na die volgende stap!” – Mandie

Datum: 5 – 9 Mei 2026

Groep: slegs plek vir 12. My stappe is baie gewild en word gewoonlik vinnig vol bespreek. Moet dus nie uitmis nie. Bespreek vandag!

Fiksheidsvlak: Jy moet vir ‘n minimum van 3 ure (tussen 12 tot 17 km) per dag kan stap.

Hotelle: Ons slaap elke aand in ‘n ander kusdorp-hotel. Moenie bekommerd wees nie, ons bagasie word daagliks vervoer en ons stap net met ‘n klein rugsakkie.

Kostes:

  • R17 300 per persoon wat ‘n kamer deel.
  • R1 800 ekstra as jy ‘n enkelkamer wil bespreek.

Deposito: 25% deposito betaalbaar onmiddellik, om jou bespreking te verseker.

25% Dertig dae na eerste deposito betaling.

Balans: betaalbaar 8 weke voor die aanvang van die stap.

Afbetaling: jy is welkom om die balans af te betaal, solank die volle bedrag 8 weke voor die aanvang van die stap betaal is. Reël met ons kantoor as jy maandeliks wil betaal. Epos adventures@lkfitness.co.za

Kliek hier vir die Cancelation Policy

Kliek hier vir vrae en ondersteuning: FAQ’s


Hoe om te bespreek

Indien jy belangstel om te bespreek, stuur asseblief ’n e-pos na adventures@lkfitness.co.za. of ‘n WhatsApp-boodskap na 078 242 7387

Sluit die volgende besonderhede in jou boodskap in:

  • Die aantal gaste wat wil bespreek.
  • Die naam, van, eposadres en selfoonnommer van elke gas. Noem asb wie deel kamers.
  • Wag vir ons antwoord om beskikbaarheid te bevestig.
  • Verseker jou plek met ‘n 25%-deposito (via EFT).
  • Voltooi en teken die besprekings ooreenkoms.
  • Maak seker dat die tweede deposito betaling van 25%, dertig dae later is en die en die balans 8 weke voor die aanvang van die toer betaal is.

Ingesluit in die staptoer:

  • 4 Nagte by 4 pragtige kus-hotelle
  • Alle ontbyte en 3-gang aandetes by die 4 hotelle.
  • ‘n Glas wyn/koeldrank by aandetes.
  • Vervoer vanaf Oos London lughawe na die eerste hotel en weer terug vanaf ons laaste hotel na die lughawe.
  • Daaglikse bagasie vervoer.
  • Veerboot (ferry) en gidsfooie.
  • Daaglikse strek en spier-opknappings (heeltemal opsioneel, maar heerlik!) saam met Linda – jou gids én motiveringsmeester.
  • Dr Adriaan Myburgh – Linda se man en mediese engel op die pad – stap saam en deel interessante feite op die roetes.
  • Slim raad en inspirasie van Linda oor hoe om gemotiveerd te bly, gesond te eet en met ’n glimlag te beweeg – want dis nie net ’n stap nie, dis ’n leefstyl!
  • Goody bag.

Nie ingesluit nie:

  • Alle vlugte. 
  • Middagetes. Ons eet so baie tydens ontbyt en aandetes, maar middagetes is ook beskikbaar by die hotelle vir jou eie rekening.
  • Alle ander alkoholiese en nie-alkoholiese drankies. 
Resensies van vorige stappe saam met Linda

“Kyk hierdie was nou ‘n belewenis en ‘n half!! Ek moes lankal saam kom stap het. Dit was so mooi en ek het meer geëet in die 3 dae as die laaste maand. (gelukkig het ons baie gestap). Baie dankie dat julle dit so amazing en lekker vir ons gemaak het. Ek sien uit na die volgende stap.” – Nicolene

“Wow!!! Dit was nou absoluut ‘n wonderlike belewenis! Linda en Adriaan, vreeslik dankie vir hierdie wonderlike stap, ek het nou wragtig my gate uit geniet. Ek en my tjomme kom verseker weer op ‘n stap saam julle.” – Sam

“Baie dankie vir ‘n heerlike week op die Wild Coast! Die blyplek en etes was uit die boonste rakke. Ek sal nooit die ervaring vergeet nie, het verseker memories gemaak en nuwe vriendskappe gesmee.” – Wilma

“Thanks for organising this Wild Coast adventure – a spectacular coastline new to me. We loved swimming in the sea, walking barefoot, crossing the river, and the beautiful views.” – Nicky

” Thank you for the most lovely trip. I have never seen South Africa in such a beautiful light and you have made me appreciate God even more after what I’ve seen on this trip. I appreciate all your efforts.” – Jasmin

“Dis iets wat ek nog altyd saam jou wou doen en wat ‘n belewenis! Ek sal dit oor en oor weer wil doen. Dankie vir die voorbeeld wat jy vir ons is wat oefeninge en reg eet betref, maar die belangrikste om gesond te wees. Sien uit na die volgende een.” – Anneke

“Dankie vir jou voorbeeld om met liefde, mooi geaardheid ons te motiveer om ons liggame mooi op te pas. Ek gaan huistoe met ‘n vernuwe gemoed.” – Anna-Marie

Trip Itinerary (subject to change)
  • Day 1: East London Airport transfer  at ±14:00 by shuttle for an estimated 2 hour drive to Seagulls Hotel. Check-in and leisure time or activity (depending on time of arrival).
  • Day 2: Breakfast. Stretching and toning. Depart Seagulls Hotel for a ±14 km hike to Morgan Bay. This walk will finish before lunchtime. Check-in and have an afternoon of leisure or activity (depending on time of arrival).
  • Day 3: Breakfast. Stretching and toning. Depart Morgan Bay for a ± 14 km hike to Haga Haga. The 1st 5 km’s is walked along towering granite cliffs where some of the most fantastic views up and down the coast are enjoyed. This walk will finish before lunchtime. Check in at Haga Haga Hotel for the evening.
  • Day 4: Breakfast. Stretching and toning. Depart for a ± 16.5km hike to Chintsa East.  After leaving Haga Haga there are some rocky sections to a small beach called Pullens Bay. Some 6km along a wavecut platform with wonderful gullies you will reach the beach again at Cape Henderson, passing 3 river estuaries. Your destination on this day is Crawfords Cabins, a private resort in amongst the dunes forest looking out at the Chintsa East Beach.
  • Day 5: Breakfast. We say goodbye after the transfer to East London Airport. We will be at the airport at ± 12:00


Nog 2026 Stappe Met Linda Kriel