Winelands Stap 2026

8 – 12 Maart 2026

’n Viering van beweging, smaak en samesyn!

Kom stap saam met my, Linda Kriel, deur die pragtige landskappe van Stellenbosch en Franschhoek, waar wingerde, bergpaaie en vars lug jou elke dag verwelkom. Ons stap lekker en vol inspirasie, met genoeg tyd vir strek, ‘n paar opsionele oefeninge en asemrowende uitsigte – ’n perfekte balans van aktief wees en ontspan.

Tussendeur geniet ons fynproewer happies en Kaapse wyne, by uitgesoekte restaurante en wynplase. Ons bly in stylvolle, rustige akkommodasie wat jou laat herlaai en bederf.

Dis ’n ervaring vir die sintuie én die siel – met lag, inspirasie en geselskap wat jou hart warm maak.

Datum: 8 – 12 Maart 2026

Groep: slegs plek vir 14. Linda se stappe is baie gewild en word gewoonlik vinnig volbespreek. Moet dus nie uitmis nie. Bespeek vandag! Daar is nog net 2 plekke (deelkamer) beskikbaar vir die Winelands stap! 

Fiksheidsvlak: Jy moet vir ‘n minimum van 3 ure per dag (tussen 10 tot 14 km) per dag, met ‘n paar op- en afdraendes kan stap.

Akkommodasie: 2 Aande in ‘n gastehuis in Stellenbosch en 2 aande in gastehuis/boutique hotel in Franschhoek.

Kostes:

R17 700 pp wat kamer deel.

R2 700 ekstra indien jy ‘n enkelkamer wil bespreek. (indien beskikbaar). (Geen beskikbaarheid oor nie)

Deposito: 25 % deposito betaalbaar onmiddellik, om jou bespreking te verseker. Die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal

Balans: betaalbaar 8 weke voor die aanvang van die stap.

Afbetaling: jy is welkom om die balans af te betaal, solank die volle bedrag 8 weke voor die aanvang van die stap betaal is. Reël met ons kantoor as jy maandeliks wil betaal.

Kliek hier vir die Cancellation policy

Hoe om te bespreek

Indien jy belangstel om te bespreek, stuur asseblief ’n e-pos na adventures@lkfitness.co.za. Sluit die volgende besonderhede in jou boodskap in:  

  • Die aantal gaste wat wil bespreek.
  • Die naam, van, eposadres en selfoonnommer van elke gas.
  • Wag vir ons antwoord om beskikbaarheid te bevestig.
  • Verseker jou plek met ’n 25% deposito (via EFT).
  • Voltooi en teken die besprekingsooreenkoms.

Maak seker die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal en die balans word ten minste 8 weke voor die aanvang van die toer betaal. 

Ingesluit in jou Winelands-avontuur:

🛏️ Stylvolle akkommodasie: 2 nagte in Stellenbosch en 2 nagte in Franschhoek – waar jy rus in luuksheid, naby aan die aksie maar ver van die alledaagse.

🍳 Alle ontbyte, plus 2 middagetes en 2 aandetes by uitgesoekte eetplekke wat jou smaakknoppies laat sing.

🍷 ’n Glas wyn, bier of koeldrank saam met etes.

🍾 Wynproe – want dis nie ’n Winelands-toer sonder ’n bietjie swirl, sniff en sip nie!

🚐 Vervoer na en van die staproetes.

🧘‍♀️ Daaglikse strek en opknappings-oefeninge vir daardie koppige spiere – saam met Linda Kriel (opsioneel, maar hoogs aanbeveel).

🩺 Dr Adriaan Myburgh (Linda se man) stap saam en deel interessante feite op die roetes.

💪 Motivering, dieetwenke en oefeninspirasie van Linda – reguit uit haar toolkit van gesondheid en geesdrif.

🎁 Goody bag – want wie hou nie van ’n bederfie vol verrassings nie?

Nie ingesluit nie:

  • ✈️ Vlugte
  • 🥤 Ekstra drankies – koeldrank, wyn of bier buite die ingeslote etes is vir jou eie rekening.
  • 🍽️ Twee aandetes (aand 2 en 3) en een middagete – daardie maaltye gee jou kans om self te kies waar en wat jy wil geniet.
  • 🚐 Vervoer tussen lughawe en hotel – jy reël jou rit, ons wag met oop arms by die akkommodasie.

Resensies van vorige stappe saam met Linda

“Sjoe wat ‘n belewenis! Dit het regtig my verwagtinge oortref. Alles was lekker – stap, kos, kuier en die girls! Soveel fun.” – Karlien

“Dankie dat jy so ‘n ongelooflike inspirasie vir ons almal was. Die stap, akkommodasie, kos, alles het al ons verwagtinge oortref en was beslis elke sent werd! Die vriendskappe wat tydens hierdie ervaring gesmee is, is regtig van onskatbare waarde. Ons het ongelooflike herinneringe geskep wat geen geld kan koop nie. Sonder twyfel sien ek uit daarna om volgende jaar weer saam te stap.” – Michelle

“Alles was tops! Die kos was MAL lekker. Die stappe was pragtig en net perfek!” – Riëtte

“Winelands walk was just one word “amazing”. Everything was incredible! – Hanlie

“Ons harte is vol, baie dankie vir ‘n heerlike stap! Alles was uit die boeke, van die kos tot die stappe”. – Anne Mari

“Weereens wat ‘n suksesvolle stap was dit nie. Elke keer wat ek kom saam stap, voel ek soos ‘n nuwe mens. My battery is “gecharge”! – Edna

“Dankie vir jou voorbeeld om met liefde, mooi geaardheid ons te motiveer om ons liggame mooi op te pas. Ek gaan huistoe met ‘n vernuwe gemoed.” – Anna-Marie

🥾 Reisrooster (onderhewig aan verandering)

Dag 1 – Welkom in die Wynlande!

  • Inklok vanaf 14:00 by ons gastehuis in sentrale Stellenbosch.
  • Ontmoet mekaar op die stoep om 16:00 – met ’n glasie wyn in die hand en ’n glimlag op die gesig.
  • Laatmiddag ontspannende stap deur die dorpskern – vol geskiedenis, sjarme en mooi winkeltjies.
  • Verken Stellenbosch en geniet ons eerste aandete by ’n ikoniese restaurant.

Dag 2 – Berg, beweging en bietjie bederf

  • Na ontbyt: opknappings-oefeninge met Linda Kriel (opsioneel, maar lekker!).
  • Ons begin ’n ±9 km staproete deur Stellenbosch en klim deel van die Stellenboschberg met ’n hoogteverskil van ±150 meter – asemrowend mooi.
  • Eindig by die Kruiskerk vir ’n strek-sessie.
  • Middagete by die bekende Helena’s Restaurant – ’n ware smaakervaring.
  • Middag vry vir ontspan, inkopies of verdere verkenning.
  • Aandete is vir jou eie rekening – maar ná die smullekker middagete by Helena’s gaan jy waarskynlik net ’n ligte happie soek 😁

Dag 3 – Franschhoek roep!

  • Na ontbyt: pak op en maak gereed vir die volgende avontuur.
  • Ons bus neem ons na ’n pragtige wynplaas in Franschhoek.
  • Opknappings-oefeninge en strek met Linda (opsioneel – maar jou spiere sal dankie sê!).
  • Geniet ’n skouspelagtige 14km stap op die plaas, gevolg deur wynproe en kaas-/charcuterie platters vir middagete.
  • Daarna neem die bus ons na ons nuwe akkommodasie in Franschhoek.
  • Aand vry vir verkenning – Franschhoek se strate wag op jou.
  • Aandete is vir jou eie rekening.

Dag 4 – Klim, kuier en kulinêre kroon

  • Na ontbyt: opknappings-oefeninge met Linda (opsioneel – vir daardie laaste bietjie energie!).
  • ’n Shuttle neem ons na die beginpunt van ons laaste uitdagende 12km staproete met ’n hoogteverskil van 700 meter – jy gaan trots wees!
  • Middagete is vir jou eie rekening in Franschhoek (hou dit lig – vanaand wag ’n fees!).
  • Middag vry vir rus of rondloop.
  • Gala-aandete by die bekroonde Reuben’s Restaurant – ’n stylvolle afsluiting van ’n ongelooflike reis.

Dag 5 – Totsiens met ’n vol hart

Ontbyt en hartlike afskeid – ons groet mekaar met herinneringe en nuwe vriendskappe in die sak.

Ontdek Nog Stappe