Ek Soek Motivering!

Oefening gaan oor baie meer as om net “daai lyf” te kry. Jy kies om lank, gelukkig en gesond te leef. Maar hoe begin jy?

OEFENING MOENIE ‘N BERG VOOR JOU WEES NIE

Die heel moeilikste is om net eers te begin! Om jouself sover te kry om jou oefenskoene aan te trek en die eerste tree te gee lê dalk soos ‘n berg voor jou.

Die groot fout wat baie mense maak is om te dink hulle móét vir ten minste 30 minute oefen, anders help dit nie. Om te begin, stel ek voor jy doen vir eers net een oefening per dag vir die eerste week. Die week daarna twee oefeninge en vermeerder dit dan weekliks. Jy hoef nie eers spesiale klere aan te trek om net een oefening te doen nie. Doen die oefening net soos jy is, solank jy dit net doen. Jy sal voel jy begin beheer neem oor jou lewe en dat jy iets vermag.

Hier is ‘n voorbeeld:

Week 1

  • Dag 1: doen 3 stelle van 10 squats. Al doen jy dit nie alles op een slag nie. Jy kan die 3 stelle versprei deur die dag. Dink net daaraan, een stel van 10 squats sal jou ongeveer 20 sekondes neem. Drie stelle sal ‘n minuut wees.
  • Dag 2: doen 3 stelle van 20 sekondes plank.
  • Dag 3: doen 3 stelle van 15 arm-oefeninge.
  • Dag 4: Doen 3 stelle binnebeen-oefeninge.
  • Dag 5: Gaan stap vir 20 tot 30 minute.
  • Dag 6: Doen 3 stelle heup-oefeninge.
  • Dag 7: Rus en laai die LK FITNESS toep af om beplanning te doen vir die volgende week.

Week 2

Doen elke dag net twee oefeninge van die Beginners vlak op die LK FITNESS toep.

Daarna: vermeerder weekliks totdat jy die hele Beginners vlak op die toep kan doen.

SKEDULEER TYD OM TE OEFEN

Noudat jy in die gewoonte gekom het moet jy jou oefenroetine beplan. Net soos jy die res van jou lewe skeduleer, moet jy ook jou oefenroetine skeduleer. Dit help byvoorbeeld om ’n vriendin te hê wat saam met jou oefen. Dis nie lekker om iemand anders in die steek te laat nie; daarom sal dit jou dwing om op te daag vir julle oefen-afspraak. Kies iemand wat op dieselfde fiksheid- en gesondheidsvlak is om saam met jou te oefen.

Ander mense verkies om op hulle eie te oefen. As jy dit so wil doen, maak nog steeds ’n tyd daarvoor in jou dagboek. Besluit op watter dae en tye jy wil oefen, en hou dan daarby. Dis beslis ook beter om elke dag min of meer op dieselfde tyd te oefen, want dan sal dit gouer deel word van jou daaglikse roetine. En as dit eers deel is van jou roetine, word dit al hoe makliker.

SORG ALTYD VIR DIE NODIGE BALANS

Soms gaan jy nie by ’n geskeduleerde oefening uitkom nie. Indien dit gebeur, moet jy elders daarvoor vergoed. As jy byvoorbeeld nie by jou oefensessie uitkom nie, moenie pizza vir aandete eet nie. Sorg altyd dat jy die negatiewe uitkanselleer met iets positiefs.

Die slag as jy te veel eet, moet jy harder oefen. Wanneer jy ’n oefensessie misloop, moet jy baie versigtig wees met wat jy eet. Moet egter nooit probeer oorkompenseer nie. Handhaaf ’n balans, want balans is mos die geheim van die lewe.

BYT VAS, WANT AANHOUER WEN

Navorsing bewys dat baie mense ná ’n maand sommer handdoek ingooi en dan in ’n bose kringloop beland. Jy glo jy gaan dit nooit regkry nie. Wanneer jy dit dan die volgende keer probeer, gaan jy nog makliker tou opgooi.

Die geheim is om geduldig te wees en vas te byt. Dit neem ’n ruk om in die oefen patroon te kom en dit ’n roetine te maak. Al wil jy dus tou opgooi, byt vas, want die beloning gaan uiteindelik groot wees.


KRY DIE LK FITNESS APP GOEDKOPER!

Het jy geweet as jy die LK Fitness App jaar-subskripsie deur ons webtuiste koop is dit goedkoper?