Winelands Stap

Winelands Stap

Winelands Stap 2026

8 – 12 Maart 2026

’n Viering van beweging, smaak en samesyn!

Kom stap saam met my, Linda Kriel, deur die pragtige landskappe van Stellenbosch en Franschhoek, waar wingerde, bergpaaie en vars lug jou elke dag verwelkom. Ons stap lekker en vol inspirasie, met genoeg tyd vir strek, ‘n paar opsionele oefeninge en asemrowende uitsigte – ’n perfekte balans van aktief wees en ontspan.

Tussendeur geniet ons fynproewer happies en Kaapse wyne, by uitgesoekte restaurante en wynplase. Ons bly in stylvolle, rustige akkommodasie wat jou laat herlaai en bederf.

Dis ’n ervaring vir die sintuie én die siel – met lag, inspirasie en geselskap wat jou hart warm maak.

Datum: 8 – 12 Maart 2026

Groep: slegs plek vir 14. Linda se stappe is baie gewild en word gewoonlik vinnig volbespreek. Moet dus nie uitmis nie. Bespeek vandag! Daar is nog net 2 plekke (deelkamer) beskikbaar vir die Winelands stap! 

Fiksheidsvlak: Jy moet vir ‘n minimum van 3 ure per dag (tussen 10 tot 14 km) per dag, met ‘n paar op- en afdraendes kan stap.

Akkommodasie: 2 Aande in ‘n gastehuis in Stellenbosch en 2 aande in gastehuis/boutique hotel in Franschhoek.

Kostes:

R17 700 pp wat kamer deel.

R2 700 ekstra indien jy ‘n enkelkamer wil bespreek. (indien beskikbaar). (Geen beskikbaarheid oor nie)

Deposito: 25 % deposito betaalbaar onmiddellik, om jou bespreking te verseker. Die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal

Balans: betaalbaar 8 weke voor die aanvang van die stap.

Afbetaling: jy is welkom om die balans af te betaal, solank die volle bedrag 8 weke voor die aanvang van die stap betaal is. Reël met ons kantoor as jy maandeliks wil betaal.

Kliek hier vir die Cancellation policy

Hoe om te bespreek

Indien jy belangstel om te bespreek, stuur asseblief ’n e-pos na adventures@lkfitness.co.za. Sluit die volgende besonderhede in jou boodskap in:  

  • Die aantal gaste wat wil bespreek.
  • Die naam, van, eposadres en selfoonnommer van elke gas.
  • Wag vir ons antwoord om beskikbaarheid te bevestig.
  • Verseker jou plek met ’n 25% deposito (via EFT).
  • Voltooi en teken die besprekingsooreenkoms.

Maak seker die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal en die balans word ten minste 8 weke voor die aanvang van die toer betaal. 

Ingesluit in jou Winelands-avontuur:

🛏️ Stylvolle akkommodasie: 2 nagte in Stellenbosch en 2 nagte in Franschhoek – waar jy rus in luuksheid, naby aan die aksie maar ver van die alledaagse.

🍳 Alle ontbyte, plus 2 middagetes en 2 aandetes by uitgesoekte eetplekke wat jou smaakknoppies laat sing.

🍷 ’n Glas wyn, bier of koeldrank saam met etes.

🍾 Wynproe – want dis nie ’n Winelands-toer sonder ’n bietjie swirl, sniff en sip nie!

🚐 Vervoer na en van die staproetes.

🧘‍♀️ Daaglikse strek en opknappings-oefeninge vir daardie koppige spiere – saam met Linda Kriel (opsioneel, maar hoogs aanbeveel).

🩺 Dr Adriaan Myburgh (Linda se man) stap saam en deel interessante feite op die roetes.

💪 Motivering, dieetwenke en oefeninspirasie van Linda – reguit uit haar toolkit van gesondheid en geesdrif.

🎁 Goody bag – want wie hou nie van ’n bederfie vol verrassings nie?

Nie ingesluit nie:

  • ✈️ Vlugte
  • 🥤 Ekstra drankies – koeldrank, wyn of bier buite die ingeslote etes is vir jou eie rekening.
  • 🍽️ Twee aandetes (aand 2 en 3) en een middagete – daardie maaltye gee jou kans om self te kies waar en wat jy wil geniet.
  • 🚐 Vervoer tussen lughawe en hotel – jy reël jou rit, ons wag met oop arms by die akkommodasie.

Resensies van vorige stappe saam met Linda

“Sjoe wat ‘n belewenis! Dit het regtig my verwagtinge oortref. Alles was lekker – stap, kos, kuier en die girls! Soveel fun.” – Karlien

“Dankie dat jy so ‘n ongelooflike inspirasie vir ons almal was. Die stap, akkommodasie, kos, alles het al ons verwagtinge oortref en was beslis elke sent werd! Die vriendskappe wat tydens hierdie ervaring gesmee is, is regtig van onskatbare waarde. Ons het ongelooflike herinneringe geskep wat geen geld kan koop nie. Sonder twyfel sien ek uit daarna om volgende jaar weer saam te stap.” – Michelle

“Alles was tops! Die kos was MAL lekker. Die stappe was pragtig en net perfek!” – Riëtte

“Winelands walk was just one word “amazing”. Everything was incredible! – Hanlie

“Ons harte is vol, baie dankie vir ‘n heerlike stap! Alles was uit die boeke, van die kos tot die stappe”. – Anne Mari

“Weereens wat ‘n suksesvolle stap was dit nie. Elke keer wat ek kom saam stap, voel ek soos ‘n nuwe mens. My battery is “gecharge”! – Edna

“Dankie vir jou voorbeeld om met liefde, mooi geaardheid ons te motiveer om ons liggame mooi op te pas. Ek gaan huistoe met ‘n vernuwe gemoed.” – Anna-Marie

🥾 Reisrooster (onderhewig aan verandering)

Dag 1 – Welkom in die Wynlande!

  • Inklok vanaf 14:00 by ons gastehuis in sentrale Stellenbosch.
  • Ontmoet mekaar op die stoep om 16:00 – met ’n glasie wyn in die hand en ’n glimlag op die gesig.
  • Laatmiddag ontspannende stap deur die dorpskern – vol geskiedenis, sjarme en mooi winkeltjies.
  • Verken Stellenbosch en geniet ons eerste aandete by ’n ikoniese restaurant.

Dag 2 – Berg, beweging en bietjie bederf

  • Na ontbyt: opknappings-oefeninge met Linda Kriel (opsioneel, maar lekker!).
  • Ons begin ’n ±9 km staproete deur Stellenbosch en klim deel van die Stellenboschberg met ’n hoogteverskil van ±150 meter – asemrowend mooi.
  • Eindig by die Kruiskerk vir ’n strek-sessie.
  • Middagete by die bekende Helena’s Restaurant – ’n ware smaakervaring.
  • Middag vry vir ontspan, inkopies of verdere verkenning.
  • Aandete is vir jou eie rekening – maar ná die smullekker middagete by Helena’s gaan jy waarskynlik net ’n ligte happie soek 😁

Dag 3 – Franschhoek roep!

  • Na ontbyt: pak op en maak gereed vir die volgende avontuur.
  • Ons bus neem ons na ’n pragtige wynplaas in Franschhoek.
  • Opknappings-oefeninge en strek met Linda (opsioneel – maar jou spiere sal dankie sê!).
  • Geniet ’n skouspelagtige 14km stap op die plaas, gevolg deur wynproe en kaas-/charcuterie platters vir middagete.
  • Daarna neem die bus ons na ons nuwe akkommodasie in Franschhoek.
  • Aand vry vir verkenning – Franschhoek se strate wag op jou.
  • Aandete is vir jou eie rekening.

Dag 4 – Klim, kuier en kulinêre kroon

  • Na ontbyt: opknappings-oefeninge met Linda (opsioneel – vir daardie laaste bietjie energie!).
  • ’n Shuttle neem ons na die beginpunt van ons laaste uitdagende 12km staproete met ’n hoogteverskil van 700 meter – jy gaan trots wees!
  • Middagete is vir jou eie rekening in Franschhoek (hou dit lig – vanaand wag ’n fees!).
  • Middag vry vir rus of rondloop.
  • Gala-aandete by die bekroonde Reuben’s Restaurant – ’n stylvolle afsluiting van ’n ongelooflike reis.

Dag 5 – Totsiens met ’n vol hart

Ontbyt en hartlike afskeid – ons groet mekaar met herinneringe en nuwe vriendskappe in die sak.

Ontdek Nog Stappe

Weskus & Blomme Stap

Weskus & Blomme Stap

Weskus & Blomme Stap

11 – 15 Augustus 2026

Weskus & Blomme Stap – ’n Vierdaagse Fees van Voete, Vreugde en Veldblomme!

Kom stap saam met my, Linda Kriel, in Augustus, wanneer die Weskus sy kleurvolle blomkombers uitrol en die see se asem jou siel verfris. Hierdie 4-dae avontuur neem jou op asemrowende strandroetes, deur die geurige veld en na juweeltjies soos Paternoster en die pragtige Tietiesbaai. Ons bly in smaakvolle akkommodasie, smul aan egte Weskus kos, klink glase wyn en lag tot laat.

Elke oggend begin met heerlike strekoefeninge, en vir die wat lus is vir ’n ekstra bietjie toning, bied ek opsionele spieropknappings-oefeninge aan. Dis nie net ’n stap nie—dis ’n viering van natuur, gesondheid en geselskap. Trek jou stapskoene aan, pak jou kamera, en kom beleef die magie van blommetyd saam met ’n groep wat jou sal laat glimlag lank ná die laaste stap. 🌼🍷🚶‍♀️

Datum: 11 – 15 Augustus 2026

Groep: slegs plek vir 12. Linda se stappe is baie gewild en word gewoonlik vinnig volbespreek. Moet dus nie uitmis nie. Bespeek vandag! Die Weskus stap is nou vol bespreek.  Stuur asseblief ‘n e-pos na adventures@lkfitness.co.za as jy belangstel om jou naam op die waglys te sit.

Fiksheidsvlak: Jy moet vir ‘n minimum van 3 ure per dag (tussen 10 tot 14 km) per dag, kan stap.

Akkommodasie:

  • 1 Aand in luukse gastehuis in Cape St Martin Natuurreservaat
  • 2 Aande in die Abelone Hotel in Paternoster
  • 1 aand in The Farmhouse Hotel in Langebaan

Staproetes:

  • Dag 1: Laat middag rustige strand stap
  • Dag 2: Britannia baai na Paternoster ± 13km
  • Dag 3: Paternoster na Tietiesbaai ± 10km
  • Dag 4: Blommestap: Postberg in Weskus Natuurreservaat (Langebaan) ±14km

Kostes:

Per persoon wat kamer deel: R17 700 pp

Enkelkamer: Bybetaling van R3 300. (maak eers seker oor beskikbaarheid).

Deposito: 25 % deposito betaalbaar onmiddellik, om jou bespreking te verseker. Die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal

Balans: betaalbaar 8 weke voor die aanvang van die stap.

Afbetaling: jy is welkom om die balans af te betaal, solank die volle bedrag 8 weke voor die aanvang van die stap betaal is. Reël met ons kantoor as jy maandeliks wil betaal. Epos: adventures@lkfitness.co.za

Kliek hier vir die Cancellation policy

Hoe om te bespreek

Indien jy belangstel om te bespreek, stuur asseblief ’n e-pos na adventures@lkfitness.co.za. Sluit die volgende besonderhede in jou boodskap in:  

  • Die aantal gaste wat wil bespreek.
  • Die naam, van, eposadres en selfoonnommer van elke gas. Noem asb wie deel kamers.
  • Wag vir ons antwoord om beskikbaarheid te bevestig.
  • Verseker jou plek met ’n 25% deposito (via EFT).
  • Voltooi en teken die besprekingsooreenkoms.

Maak seker die tweede deposito van 25% word 30 dae later betaal en die balans word ten minste 8 weke voor die aanvang van die toer betaal. 

Ingesluit in jou Weskus & Blomme Stap:

🛏️ 4 nagte se rus en luuksheid in pragtige gastehuise en hotelle – elke plek ’n juweel op sy eie.

🍳 Ontbyt elke oggend – vars, voedsaam en met ‘n tikkie Weskus-gasvryheid.

🍷 Aandetes wat jou laat glimlag: twee- en driegang maaltye met ’n glasie wyn om die dag af te sluit.

🌯 Middagete-pakkie vir dag 4 op ons roete.

🚐 Vervoer: van Kaapstad lughawe tot jou eerste aand se akkommodasie in die Cape St Martin Privaat Natuurreservaat, en weer terug vanaf Langebaan.

🎒 Bagasie vervoer tussen hotelle – jy stap lig, ons doen die dra!

🏞️ Toegang tot die Weskus Nasionale Park – waar blomme en branders mekaar groet.

🪪 Stap permitte.

🧘‍♀️ Daaglikse strek en spier-opknappings (heeltemal opsioneel, maar heerlik!) saam met Linda – jou gids én motiveringsmeester.

🩺 Dr Adriaan Myburgh – Linda se man en mediese engel op die pad – stap saam en deel interessante feite op die roetes.

💬 Slim raad en inspirasie van Linda oor hoe om gemotiveerd te bly, gesond te eet en met ’n glimlag te beweeg – want dis nie net ’n stap nie, dis ’n leefstyl!

Nie ingesluit nie:

  • ✈️ Vlugte
  • 🥪 Middagetes (behalwe dag 4)
  • 🍹 Alle alkoholiese en nie-alkoholiese drankies, behalwe die wyn wat by aandetes ingesluit is.

Resensies van vorige stappe saam met Linda

“Linda dit was amazing! Dis nie die laaste keer wat jy my sien nie. Amazing mense ontmoet!” – Marita

” Al wat ek kan sê is wow, wow, wow! Dit was fantasties. Soms moeilik, maar ek kon aan myself bewys wat ek kan bereik. Sien julle definitief weer!” – Shalane

“Dankie vir die paar wonderlike dae. Julle reëlings en beplannings was só goed! Kos, wyn, stap was fantasties!”  – Gerda

“Dit was ‘n belewenis van ‘n leeftyd. Wonderlik om die avontuur saam met julle te kon doen!”  – Annatjie

“Weereens baie dankie vir ‘n ongelooflike paar dae! Heerlike kuier, kos en nuwe vriendskappe.” – Annelize

” Baie dankie vir ‘n ongelooflike 5 dae saam met jou. Alles was ‘n hoogtepunt!. Dankie vir al jou raad, vriendelikheid en kuier saam met ons. Ek is verseker terug om alles weer saam met jou te beleef.” – Ilse

” Dit was ‘n ongelooflike ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie. Baie dankie vir ‘n absolute wonderlike staptoer!” – Fransien

” Dit was awesome. Die beste trip waarop ek nog ooit was!” – Nicolette

” Wow dit was ‘n ongelooflike ervaring. Verseker baie geleer en die samesyn met almal was great. Die kos en alles was uit die boonste rakke. Verseker volgende jaar weer terug.” – Jaqueline

Ontdek Nog Stappe